Skouspel van musiek en talent


Skouspel van musiek en talent

Die jaarlikse Nedbank Grey Kollege Musiekfees was vanjaar, soos gewoonlik, ONGELOOFLIK!
Mense kan nie uitgepraat raak oor die seuns se talente, sowel as die kunstenaars wat hierdie jaar die verhoog met die seuns gedeel het nie.
Connell Cruise, Katlego Maboe, Caroline Grace Brussow en Izak Davel het wonderlike energie op die verhoog geskep en die seuns het maklik by hullle aanklank gevind.
Hoe die Musiekdepartement dit doen, weet 'n mens nie? Maar elke jaar is die Musiekfees nòg groter en nòg beter!
Dit was beslis die hoogtepunt van die jaar.
Baie dankie aan Nedbank en NWU, sowel as al die ander borge wat hierdie jaar se fees moontlik gemaak het.

Foto's deur Niel Lombaard. Geen foto's is vir hergebruik sonder toestemming van die fotograaf nie.
Kyk gerus na die foto's op Facebook.


 

Sharing Tools