Wonderlike ondersteuning vir Piet May


Wonderlike ondersteuning vir Piet May

Die boodskap dat die grootste Grey-ondersteuner, Piet May, se fonds uitgeput is, het skaars die ronde gedoen, of talle ondersteuners, Old Boys en selfs gemeenskapslede het donasies gemaak. Die grootste ondersteuning het van die skool se hoofborg, MTN af gekom. Hulle het dadelik kontak gemaak en besluit om in te spring en te help. Ook Sweatgear het besluit om vir Piet te help met al sy klere. MTN het 'n selfoon aan Piet oorhandig en sal ook sy toergeld en ander uitgawes dek. Hulle wil op die langtermyn betrokke wees by hierdie projek. Die Piet May fonds staan danksy al hierdie weldoeners nou sterk en sal ten minste vir 'n paar jaar sorg dat Piet kan toer en saam met sy geliefde Grey Kollege ander sportdae bywoon.
Grey Kollege wil graag almal bedank vir die bereidwilligheid om te help en vir julle ondersteuning en vrygewigheid.
 
Op die foto's is Sunette Claassen Els (MTN), Piet May met sy nuwe klere en JD Ferreira (Sweatgear)

Sharing Tools