Grey-swemmers presteer tydens die jaarlikse Interhoër


Grey-swemmers presteer tydens die jaarlikse Interhoër

Grey Kollege se swemspan het puik presteer tydens die Interhoër-swemgala wat onlangs gehou is.
Die skool het die meeste punte tydens die gala verower, sowel as die spankompetisiebekers in die ouderdomsgroepe 13-14 jaar, 15-16 jaar en 17-19 jaar verower.

Luan de Waal (15-16 jaar) en Simeon Vorster (14 jaar),het ‘n volhuis van 5 goue medaljes elk ontvang.
Luan de Waal ontvang goud in die 50, 100 en 200m borsslag, 50m vlinderslag en 200m individuele wisselslag.
Hy is ook aangewys as die Victor Ludorm vir 2018.

Simeon Vorster het vier rekords laat spat. Hy ontvang goud in die 50, 100 en 200m kruipslag, 100m vlinderslag en 200m individuele wisselslag.

Beide Luan en Simeon het trofees ontvang vir die meeste punte behaal in hul ouderdomsgroepe.

JP Seyffert is ingesluit in die SA-span wat later vanjaar in Malawi gaan deelneem.

Die res van die swemmers het uitstekend gevaar en die volgende medaljes ingepalm:

WISSELSLAG-  en  VRYSLAGAFLOSSE:
13 – 14 jaar:  Grey A – goud,
15 – 16 jaar:  Grey A – goud, Grey B – silwer
17 – 19 jaar:  Grey A – silwer en Grey B – goud

Individuele goue medaljes: 28
Gawie Nortjé verower vier goue medaljes in die 50, 100, 200 en 400  kruipslag.
Kobus Groenewald spog ook met vier goue medaljes in die 50m en 100m kruipslag, 50m borsslag en 100m rugslag.
Hy breek die rekord in die 100m kruipslag.

Individuele silwermedaljes: 33
Individuele bronsmedaljes: 31
Vierde plekke:  15 
                                                           

Foto voor: JP Seyffert, Kobus Groenewald en Simeon Vorster. Agter: Gawie Nortje, Juan-Luke Hamilton (kaptein), Luan de Waal en me. Helene du Toit.

Sharing Tools