Momentum verleng krieketborgskap


Momentum verleng krieketborgskap

Momentum het hul borgskap van die Greyt Bash toernooi vir ‘n verdere 3 jaar tot 2020 verleng.
Die Momentum Greyt Bash bied aan meer as 100 spelers van Grey Kollege en Bloemfontein die geleentheid om in 15-boulbeurt wedstryde teen mekaar te kompeteer.

Die toernooi word voorafgegaan deur ‘n veilingsaand waar spelers deur verskeie maatskappye “gekoop” word. Wedstryde word hierdie jaar oor twee dae (Vrydag, 31 Augustus en Saterdag, 1 September) op die velde van Grey Kollege gespeel.
Fondse wat met hierdie toernooi ingesamel word gaan vir die verbetering van krieketfasiliteite en die aankoop van nuwe toerusting.

Kyk gerus na ‘n berig oor verlede jaar se veiling.

https://www.netwerk24.com/ZA/Bloemnuus/Nuus/toernooi-om-die-draai-20170816-2

Foto: Mnre. Adri Swanepoel (direkteur van krieket), Deon Scheepers (skoolhoof) en Jan Horn (streekbestuurder Momentum Vrystaat en Noord-Kaap).

Sharing Tools