Stad kraai koning


Stad kraai koning

Die Interhuisgala tussen Koshuis en Stad is elke jaar ‘n hoogtepunt, want dit is die laaste geleentheid in die jaar wat Koshuis teen Stad meeding.

Die optogte van beide, Stad en Koshuis was goed. Daarby het die deelname van Eunice en Oranje aan die twee aflositems, soos elke jaar, weer groot belangstelling uitgelok.

Vanjaar het Stad en Eunice kragte saamgespan, terwyl Koshuis en Oranje Meisiesskool hande gevat het.

Dit was geen verrassing dat Stad vanjaar weer die gala gewen het nie.

Ongelukkig is geen rekords gebreek nie.

Die beste swemmers in die onderskeie ouderdomsafdelings wat die meeste punte behaal het, is die volgende:

*           14 jaar:            Simeon Vorster           – 89 punte
*           15 jaar:            Dewie Verster             – 33 punte
*           16 jaar:            Kobus Groenewald     – 50 punte
*           17 jaar:            JP Seyffert                  – 61 punte
*           18 jaar:            Juan-Luke Hamilton    – 45 punte.

Vir foto's druk hier.

Sharing Tools