Neels moker 212 lopies van slegs 118 balle


Neels moker 212 lopies van slegs 118 balle


Die kaptein van Grey Kollege se o/14A krieketspan, Neels Volschenk, het met ‘n uitmuntende kolfbeurt die wedstryd in sy span se guns laat draai.

Neels het op nommer vyf ingekom, terwyl die telling teen Waterkloof, nie belowend gelyk het met 40 lopies vir die verlies van drie paaltjies nie.

Hierdie kolwer het 212 lopies gemoker van slegs 118 balle in ‘n 45 beurte tuiswedstryd!

Vir ‘n nommer vyf kolwer is dit beslis ‘n reuse prestasie!

Grey Kollege behaal ‘n telling van 390/9 op die telbord, terwyl Waterkloof uitgeboul word vir 249 in 40.4 beurte.

Neels het ‘n goeie seisoen gehad met ‘n kolfbeurt van 80 lopies vir 72 balle in ‘n 50 beurt tuiswedstryd teen Noordkaap.

Hy het ‘n totaal van 424 lopies in agt wedstryde aangeteken en het dus ‘n gemiddeld van 47.1 per wedstryd behaal.

Hy is ook ‘n goeie bouler en neem 13 paaltjies in sewe wedstryde. Dit is dus ‘n ekonomie van 2.7.

Sy afrigter is Ruan Dercksen.

Neels is ‘n Bloemfonteiner en was ook ‘n leerder aan Grey Primêr.

Sharing Tools