Corlea is binnekort te sien by die Nedbank Grey Kollege Musiekfees!


Corlea is binnekort te sien by die Nedbank Grey Kollege Musiekfees!

Druk op die skakel om Corlea se videoboodskap te sien!

/Images/files/Video%202017-08-03%2c%2017%2041%2008.mov

Corlea tree op vandat sy 'n skamele 5 jaar oud is, en 25 jaar later word sy beskou as een van die grootste stemme in Suid-Afrika!

Met goue-, platinum- en dubbel platinum verkope op albums en DVD’s, talle toekennings en uitverkoopte konserte op ons land se grootste verhoë, asook 'n dagboek wat 'n jaar vooruit bespreek is, is sy ook een van ons mees suksesvolste kunstenaars.

Sy deel die verhoog saam met Mimi Coertse en Judy Paige in "The sound of music" in die Staatsteater, toe sy skaars 8 jaar oud is!


Op 12 jarige ouderdom toer sy reeds na Japan as ambassadeur vir ons land. Daarna word sy ‘n verdere drie maal teruggenooi deur die Japannese ambasade.

Dieselfde jaar wen sy 'n nasionale sangkompetisie , “Reik na die Sterre”, met meer as 7000 inskrywings.

 
Op 16 reik sy 'n album uit onder Hugh Masekela se vaandel en werk saam met Sunny D Levine, die kleinseun van die internasionale musiekreus, Quincy Jones.

Sy is die Liefling van Afrikaanse musiek met haar weergawe van "Sonvanger”.
Na die reuse sukses van "Swart Koffie" in 2013 op Afrikaans is Groot, vervaardig sy self vir die volgende drie jaar haar eie segmente op die konsert naamlik "Grassade",  "Laaste lied" en “Ek Skyn (heilig)”.
Haar treffer, "Uit Klip gekap", vorm deel van die lokettreffer, “Modder en Bloed”.

Die album, "Alle paaie lei na Rome", saam met die geliefde tenoor Jannie Moolman, bereik platinum status in 2017.


In Julie 2016 is die breinkind van Corlea, Jannie Moolman en Coleske Artists gebore “Classics is Groot” met sterre soos Patritzio Buanne, Amira, Joseph Clark, Timothy Moloi en Jannie Moolman. Na die aanvangsjaar se sukses, is daar in 2017 drie konserte gehou, waarvan een konsert ‘n fondsinsameling was vir die “Knysna slagoffers”. Meer as R 1 000 000 is ingesamel!
 

Haar nuutste album saam met Jannie Moolman, “Unforgettable – the most beautiful love songs”, is Junie 2017 vrygestel.

Corlea vul ook tans die rol van stemafrigter en vokale vervaardiger op die nuwe album van die Hollandse sangsensasie, Amira Willighagen. Die album sal teen einde 2017 die lig sien.

Corlea is tans besig om aan verskeie projekte te werk, waarvan een die beplanning van nog 'n nuwe album is.

Sharing Tools