Wilco Nienaber is 'n internasionale junior kampioen


Wilco Nienaber is 'n internasionale junior kampioen

Wilco Nienaber het die afgelope naweek deelgeneem aan die Duitse Junior Masters Gholfkampioenskappe in Duitsland.
Ongeveer 140 junior spelers van 24 lande regoor die wêreld het aan hierdie gesogte kompetisie deelgeneem.
Die kompetisie het gestrek oor 54 putjies, met 18 wat per dag gespeel is....
Dié baan in Duitsland is een van die top 10 moeilikste bane in Duitsland.

In die junior o/18 ouderdomsgroep vir seuns, het Wilco die afdeling gewen!
Met spelers van die Czech Republiek Duitsland onderskeidelik 2de en 3de.

Alle spelers onder 21 kon meeding vir die titel as algehele wenner van die toernooi.

Wilco het met skitterspel die toernooi gewen en is dus die nuwe “Global” junior gholf se Duitse junior kampioen!
Hy is slegs die 2de Suid-Afrikaner om hierdie toernooi te wen in 15 jaar!
Na afloop van die toernooi is hy uitgenooi na Greg Norman Invitational Final in Amerika Myrtle Beach in Desember.

Terwyl Wilco in Duitsland was, het hy ook twee toekennings ontvang tydens Radio Rosestad se jaarlikse sporttoekkenings.
Wilco het die trofee verower as die “Junior Sportster 2017”, asook die trofee vir “Junior Sportman van die jaar” verower.

Wilco se gholfprestasies in al sy nasionale en internasionle toernooie in 2017 sluit in:
• Wen NOMADS Inland National Order of Merit” o/19 te Bononi Country Club.
• 23ste in NOMADS Coastal National Order of Merit te Royal Durban Country Club.
• Wen Curro SA Junior Internasionale kampioenskap o/19 te Durbanville (prys was alle onkoste betaal om deel te neem aan RB German Junior Masters in Duitsland).
• Wen eerste Ope Amateur toernooi, Noord-Kaap Ope te Kimberley.
• 4 de plek SA Seuns o/19 Strokeplay te Langebaan.
• 3de in NOMADS SA Seuns o/19 Matchplay te Langebaan.
• Wen NOMADS Noord en Suid Kampioenskap o/19 te Bloemfontein.
Rangorde:
Skuif op van 7de o/19 in Januarie 2017 na sy huidige 3de posisie.
Skuif op van 400 plus in die Ope Amateurs in die land na sy huidie 37ste posisie.

Sharing Tools