ATKV-Tienertoneel


ATKV-Tienertoneel

Een van die jaarlikse hoogtepunte op die kalender, is die ATKV-Tienertoneel wat in Augustus plaasvind.
Verlede jaar het meer as 3000 hoërskoolleerlinge in 180 produksies aan hierdie gesogte kompetisie deelgeneem.
Die wenners ontvang R30 000 kontant, sowel as die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee.
ATKV-Tienertoneel is ’n nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders en die doel van hierdie kompetisie is om ‘n liefde vir Afrikaanse toneelspel by hoërskoolleerders te kweek sodat
leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.
Vanjaar hoop Grey Kollege vir goud en die akteurs het reeds met repitisies begin.
Die teks is geskryf deur Hanro Cloete en die regie sal deeur Me. Mia-Anne O’Kennedy en Hanro Cloete hanteer word.
Die akteurs wat rolle gekry het is: Rupert Bronkhorst, BJ Vorster; Berlou Myburgh; Jacques Lotriet, Tristen Bruyns; Louis Van Wyk, Jaco-Lou Bierman; Louis Theron; Eric Diswane en Jone Roberts (Eunice).

Sharing Tools