an Open letter 10 May 2015 10:05

This past week was, once again, an eventful one with the build-up to and all the excitement surrounding the second big inter-schools weekend of the year against Afrikaans Hoër Seunskool, Pretoria. After a very successful weekend against our visitors from the Western Cape the Grey boys, staff, parents and supporters were all looking forward to another weekend of fierce competition, strengthening the bonds between two of the leading educational institutions in South Africa and also forging new friendships that could last a life-time.

 

Gedurende saalperiode op Vrydag, het drie oud-Greys die skool besoek: Wayde van Niekerk, rekordhouer in die 400-meter wat ook sy Protea-kleure aan die skool kom oorhandig het, Danie Calitz, skoolkaptein in 2006 en Pieter Rademan, eerste rugbyspan kaptein in 2009. Al drie jong mans het inspirerende boodskappe aan die seuns gelewer. Daar is onder andere aan die seuns oorgedra dat 'n mens niks sonder geloof en vaste vertroue in jou Skepper kan bereik nie asook dat jy elke oomblik by Grey Kollege moet aangryp asof jy nie weer die geleentheid gaan kry nie. Die waardering wat beide hierdie drie jong mans uitgespreek het vir die vormende invloed wat die skool op hul karakters gehad het, was opmerklik en is verseker iets wat die seuns saam met hulle kon neem en van toepassing op hul eie lewens kan maak.

 

Many comments were made during the past week especially in social media about the performance of the first rugby team recently and after yesterday's defeat, I am sure a lot would again be said. Both John Smit and Naka Drotské also wrote "open letters" in the media this past week to explain their respective situations and in John Smit's case, trying to appease the Sharks' supporters and sponsors. I am not going to follow suit but I would like to share my thoughts and to state the following regarding Grey College: 

 

  • I believe whole-heartedly in a Grey College education and that it prepares a boy for the challenges of an ever-changing world.
  • Extra-mural activities are part of the school's initiative to provide a boy with opportunities to develop holistically.
  • Grey College does not look for excuses when results do not go our way.
  • Grey College supports its staff, in general, as well as its coaching staff unconditionally.
  • The school expects every Grey boy to give of his best in whichever activity he takes part in.
  • The Grey brand as well as its sponsorship revenue is stronger than it has ever been.

 

My versoek is weereens dat die Grey-gemeenskap nou bymekaar moet staan en die waarde van 'n Grey-opvoeding moet koester. Geen afrigter sal doelbewus 'n span kies om 'n wedstryd te verloor nie en geen Grey-seun sal doelbewus 'n Grey-trui aantrek en nie sy beste vir sy skool lewer nie. Kom ons hou op om jare en uitslae met mekaar te vergelyk aangesien daar niks konstruktiefs daaruit voortspruit nie. Dit is 'n gegewe dat die eise wat daar vandag op skoolspanne gestel word, nie net in terme van opposisie nie maar ook in terme van fisiese- en psigiese voorbereiding, nie vergelykbaar is met die eise van vorige generasies nie. 'n Wen teen Grey Kollege is nogsteeds dít waarna die meeste skole streef. Kom ons gee ook krediet wanneer die opposisie beter op die dag presteer - dit beteken verseker nie dat Grey Kollege gewoond daaraan raak om te verloor nie maar bloot dat die skool, vanuit 'n opvoedkundige perspektief, aan seuns moet leer dat jy ook erkenning kan en moet gee wanneer die opposisie beter op die dag is.

 

The school will be travelling to East-Londen this coming weekend for the annual inter-schools fixture against Selborne College. I trust that the Grey community will rally its support to the school and thatthat they will "back our boykies"!

 

Please feel free to comment on this blog.

 

Kind regards

 

Deon Scheepers

Post Info

Rating: 00.0% (2 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools