A modern Grey College 7 June 2015 11:06

The second term of the year is slowly but surely drawing to a close and with the first cold snap of the winter the June-examinations have also arrived. All of the boys will be starting with their examinations this coming week and I trust that the Grey boys will also come up to the proverbial scratch and show their mettle when the occasion demands it within the academic domain of the school. We opened up our doors this past weekend to welcome prospective parents and -boys during the annual Open Day. This was again a very special occasion and it was wonderful to experience the excitement of our visitors when they were introduced not only to our impressive campus but also to our competent staff and the Grey College institution.

 

Die Opedag is een van die hoogtepunte op ons skool se kalender en dit bied die geleentheid om aan voornemende ouers en -seuns te verduidelik die waarde van 'n moderne Grey Kollege as een van die land se toonaangewende opvoedkundige instellings. Ek is gedurende die afgelope week weereens deur 'n oud-Grey gekonfronteer oor die tradisies by die skool en hoe baie Grey Kollege die afgelope ruk verander het. Baie van die opinies buite die skool se hekke is ongelukkig op halwe waarhede gebaseer wat dan gewoonlik rondom 'n braaivleisvuur gestalte kry en as die "waarheid" aanvaar word. Een van die vrae wat die afgelope paar weke geopper is, is die tradisie van die eerste rugbyspan se wit veters wat dan een van die tradisies by die skool is wat klaarblyklik verdwyn het. Die realiteit van die situasie is dat hierdie tradisie dat die eerste rugbyspan wit veters dra, glad nie verdwyn het nie maar dat dit soos in die verlede slegs 'n voorreg is waaraan 'n gereelde eerstespan speler mag deelhê. Dit was uit die aard van die saak baie moeilik om toe te pas weens die verskeie beserings die afgelope seisoen en die gepaardgaande veranderings op 'n weeklikse basis aan die span. Dit is ook nie prakties moontlik vir Cherries-spelers om voor die afskop van die eerstespan veters langs die veld te verander nie - dit is in der waarheid 'n verregaande gedagte!  

 

The situation described once again demonstrates the challenges of building a modern Grey College on the foundation of past traditions. My message to the prospective parents and boys during the Open Day was that the philosophy at Grey College is still to produce future leaders to our country with the ability to make contributions within an ever-changing South Africa. The question should then rightly be asked not if Grey College has changed but rather whether the extent of this change is fast enough so that boys are provided with the necessary skills to adjust to the challenges outside the school's gates? The school needs to prepare boys for these challenges that lie ahead and perhaps the focus should not be on the colour of a team's boot laces but rather beyond the here and now to that which lies ahead in a modern South Africa.

 

Dissipline by die skool is voorts ook 'n gewilde onderwerp om aan te raak. Ek hoor dikwels dat seuns nie meer groet of die nodige respek teenoor volwassenes by die skool toon nie. Weereens is dit die tipe negatiewe kommentaar wat slegs afbrekend is en nie bydra tot die bou van 'n moderne Grey Kollege nie. Menigte oud-Greys, veral diegene wat in die koshuis was, sal onthou hoe hulle by verskeie geleenthede deur prefekte gefoeter is omdat hulle nie op die sirkel opgestaan of besoekers gegroet het nie. Het Grey Kollege dus verander? Die skool voed nogsteeds seuns op om die nodige respek en maniere te toon en 'n ware "Grey Gentleman" te wees maar net soos wat daar in die verlede 'n aantal seuns is wat hierdie les nie onmiddellik deel van hul menswees gemaak het nie, is daar ook vandag seuns met dieselfde tendens.

 

Let us rather embrace the modern Grey College and work together as a Grey community to rather celebrate the changes that have taken place. There is no place for a negative mindset in a modern society and a modern Grey College will still strive to embrace the new built on the traditions of the past.

 

U is welkom om kommentaar op hierdie skrywe te lewer.

 

Vriendelike groete

 

Deon Scheepers

 

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools