Die finale 2015-hoofstuk 25 October 2015 12:10

Die afgelope week was die finale hoofstuk in die skooljaar van ons graad 12-seuns gewees met verskeie hoogtepunte en afsluitingsfunksies wat plaasgevind het. Die Reünie het 'n spesiale middagete vir die graad 12-seuns en hul pa's die afgelope Dinsdag gereël waartydens hulle nie net hul lidmaatskap as oud-Greys ontvang het nie, maar waar die gesogte "Grey-brak van die jaar"-toekenning ook gemaak is. Louis Schoonwinkel het die toekenning, wat deur die graad 12-seuns toegeken word, hierdie jaar ontvang en daar kan nie 'n meer geskikte en waardige ontvanger wees nie. Louis se taak sal wees om in die toekoms sy graadgroep te motiveer om deel van die Reünie te bly sodat die netwerk van oud-Greys steeds in die toekoms van krag tot krag kan gaan. Op Dinsdagaand was dit die jaarlikse prysuitdeling van die graad 12-seuns gewees waar hulle beloon is vir hul toeweiding en prestasies op akademiese-, sport- en kulturele gebied. Tydens 'n luisterryke geleentheid het die Grey-gemeenskap in die Reüniesaal bymekaar gekom om die 2015-jaargroep te beloon vir hulle harde werk en prestasies gelewer.

 

The successes and achievements of the Grey boys this year can also be attributed to the support, time and commitment of various other stakeholders. I would like to thank the Grey parents for supporting their sons over the past five years at school. The parents have made many sacrifices to provide their sons with a Grey College education and I trust that the grade 12-boys will not only realise this but also take the opportunity to thank their parents, in person. Success at Grey College can only be achieved if there is a strong partnership between the parents, boys and staff. It is, therefore, also appropriate to thank the staff for their patience and commitment to educate the 2015-group during their time here at school. I trust that the 2015-leavers will thank the school and staff by really knuckling down during the weeks ahead so that they can make the school, their parents and themselves proud with their final academic results and achievements. The coming final examinations are probably the most important examinations of their lives and will determine, in many ways, their future. I hope that both the boys and parents will realise this and that the boys will be motivated to really pull out all of the stops.

 

Op Woensdagaand was dit ook die graad 12-afskeid gewees en tydens 'n glansryke geleentheid het die seuns, saam met hul metgeselle, hul finale, amptelike skoolfunksie gevier. Dit was ongelooflik om te sien hoe die seuns in jong volwassenes getransformeer is en dat die volwasse wêreld binne hul bereik is. 'n Opregte woord van dank aan Mev. Celeste Hutton en haar graad 11-ouers wat die aand so spesiaal vir die seuns gemaak het. Tydens die aand was Dries Swanepoel, skoolkaptein toe die huidige graad 12-groep hul skoolloopbaan by Grey Kollege in 2011 begin het, die gasspreker gewees en sy boodskap was dat Grey Kollege die seuns in staat stel om hul identiteit te bepaal maar ook dat sukses in die wêreld daar buite van 'n stewige geestelike fondament afhang. Die toekoms lê nou en wag en die woorde van Karen Ravn, wie se woorde op die graad 12-afskeid se uitnodigingskaartjie was, is werklik gepas:

 

"Only as high as I reach can I grow

only as far as I seek can I go

only as deep as I look can I see

only as much as I dream can I be."

 

I trust that these words will also inspire our boys on their journey through life. On Friday we bade farewell to the grade 12-boys during a moving ceremony at school and also announced the leaders for 2016. It was also an opportunity for Ms. Truana Cilliers, who served the school in the Mathematics department for 40 years, to officially say goodbye to the school. Ms. Cilliers, who retired at the end of 2014, but who had an unfortunate accident during last year's Founders Day weekend, was given the opportunity to formally say goodbye to the school and to walk for a last time across the stage and underneath the Old Bell. I would like to thank her for her service to Grey College and wish her all the best for the future as well as her retirement.

 

Die jaar 2016 beloof om 'n uiters opwindende jaar onder die leiding van die nuut verkose skoolleiers te wees. Ek wens Mario Vieira, as skoolkaptein, Nico Prinsloo en Dian Schoonees, onderskeidelik onder-skoolkaptein van stad en koshuis, saam met die nuwe leiers alle sterkte vir die komende jaar toe. Die jaar het alreeds op 'n hoogtepunt begin toe die skool se eerste tennisspan die Grey-Absa tennistoernooi, waaraan die top tennisskole in die land deelgeneem het, die afgelope naweek gewen het deur Paul Roos Gimnasium oortuigend in die finaal te klop! Mag die 2016-jaargroep hierop voortbou. 

 

U is welkom om kommentaar op hierdie blog te lewer!

 

Vriendelike groete

 

Deon Scheepers 

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools