Grey seëninge 24 April 2016 10:04

Die afgelope week was nog 'n mylpaal en hoogtepunt in die geskiedenis van Grey Kollege gewees met die amptelike inwyding van die Jock Meiring en Bram Fischer-Wetenskapsentrum wat plaasgevind het. Hierdie fasiliteit, wat met drie moderne laboratoria, wat ouditorium geriewe insluit, ses nuwe kantore asook vier opgegradeerde klaskamers spog, is 'n wonderlike toevoeging tot die Grey Kollege-kampus en beklemtoon weereens die skool se opvoedingsfilosofie en fokus om gebalanseerde seuns die samelewing in te stuur om, in hierdie geval, beduidende bydraes tot wetenskap en tegnologie te gaan maak.

 

The late ex-president of South Africa, Mr. Nelson Mandela, had the following to say about education: "Education is the most powerful weapon which you can use to change the world." I am sure that everyone who have seen this wonderful facility, will agree that the Grey boys are not only extremely fortunate to enjoy a facility of this nature, but by taking full advantage of it, they will indeed be in a position to eventually change the world. With such a facility, the school has empowered our boys, invested in their futures but, more importantly, invested in the future of South Africa. Without the financial support of the Jock Meiring- and Bram Fischer trusts, this project would not have been possible and I would like to thank the Chairman of these trusts, Mr. Philip Piek, for his support and vision to make this facility possible. The Jock Meiring and Bram Fischer Science Centre will certainly go from strength to strength and will play an important role in advancing science and technology beyond the gates of the school.

 

Gedurende Vrydagmiddag se saalperiode het Irene Fischer (geen verbintenis tot die trusts) die skool besoek en die seuns toegespreek. Irene was in Oktober, 2009, in 'n motorongeluk gewees toe 'n vragmotor, wat 25 ton mielies vervoer het, oor 'n rooi verkeerslig gejaag en teen haar motor gebots het. Die impak was die ekwivalent van vier olifante, met 'n gemiddelde gewig van ses ton elk, asook een ton stene, wat haar motor getref het! Irene, wat op daardie stadium 'n radio omroeper by OFM was, het by die dood omgedraai en het veelvuldige beserings opgedoen, wat 'n gebreekte pelvis, geskeurde milt en lewer, gekraakte skedel, geperforeerde long, gebreekte skouer en sleutelbeen asook breinskade, ingesluit het. Hierdie brawe jong vrou was vir drie maande in die hospitaal en moes weer van voor af leer om te praat, eet en loop. 

 

Her message to Grey College was an inspirational one and included that one needs to teach people how to treat one with the necessary respect. Although she sustained a traumatic brain injury, and by all accounts should not be alive, she survived this ordeal and is thankful for getting a second chance in life. She is today a hemiplegic and she inspired the boys with her positive attitude: being challenged in life is inevitable, being defeated is optional. She was only able to give her first, unassisted step after three years and 11 months and this would not have been possible without her positive attitude and the support of the people who love her. She wrote a book, I am still Here, about her experience that chronicles her journey after the accident and her road to recovery.

 

Dit is soms nodig vir alle belanghebbendes by Grey Kollege om vir 'n oomblik terug te staan en te waardeer wat die skool alles bied. Die skool beskik oor wonderlike fasiliteite, 'n professionele, gemotiveerde en goed opgeleide personeel asook 'n ryke geskiedenis van oor die 160 jaar met 'n volhoubare opvoedingsfilosofie en waardestelsel. Ten spyte van al hierdie voorregte, is daar steeds individue met 'n toksiese ingesteldheid wat daarna streef om met 'n destruktiewe lewensbeskouiing op die negatiewe aspekte, eerder as dit wat opbouend is, te fokus. Vir hierdie persone is my boodskap om deur die skoolkampus te stap en eerder te waardeer wat daar aan die seuns gebied word, en ook 'n gesprek met iemand soos Irene Fischer te voer, ten einde te besef dat dit inderdaad 'n voorreg is om deel van hierdie skool se ryke geskiedenis te wees.

 

Our rugby boys will be involved this coming weekend in the Wildeklawer tournament in Kimberley and both boys and parents are encouraged to support the school.

 

U is welkom om kommentaar op hierdie blog te lewer.

 

Vriendelike groete

 

Deon Scheepers     

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools