Grey vier die liefde 15 February 2015 11:02

Grey het die afgelope Vrydag behoorlik die liefde gevier tydens 'n stylvolle Valentynsdag-saalperiode. Vrydag se saalperiode is voorafgegaan deur groot opwinding en soos die geskenke die oggend in die voorportaal en by ontvangs afgelewer is, het die Grey-manne se entoesiasme en opwinding merkbaar gestyg. Tydens saalperiode is die dames-hoofleiers van die onderskeie skole in die stad in die Reüniesaal verwelkom en met uitstekende vertonings deur onder andere die Indomitus-sanggroep, Con Spirito-sanggroep van Oranje Hoër Meisieskool asook puik individuele vertonings deur Mnr. Craig Steyn, Angelo Arendse asook Mnre Tommie en Marcel Cronjé begroet. Die drie skoolkapteins, Dawid Snyman, Sentle Lehoko en Jan-Paul Berry het ook hul deel agter die mikrofone gedoen alhoewel ek redelik seker is dat een van hulle nie binnekort deur 'n platemaatskappy genader sal word nie! Die saalperiode is afgesluit deur die Grey-seuns se massa item waarna die prefekte vir elke dame-personeellid 'n rooi roos gegee het.

 

This was truly a memorable occasion and one that the boys thoroughly enjoyed. Thank you to Ms. Joanie Prinsloo who organised the event, the staff members who also played a part in organising and distributing the various gifts and all of the boys who played their part in making this a wonderful assembly. The first term has now really gathered momentum and the summer sports are slowly but surely nearing the end of their respective seasons. On Tuesday the first cricket team played in the T20 Knights region's final against Noordkaap Hoërskool. The team really produced the goods by beating Noordkaap Hoërskool convincingly to qualify for the national finals to be held in Stellenbosch next weekend. I wish the boys well for the finals and I am sure that they will fly the Grey College flag high during this event. The Inter-High swimming gala is also taking place next weekend and I wish our swimming team well in this prestigious event. 

 

Bogenoemde prestasie van die eerste krieketspan beklemtoon weereens die feit dat Grey Kollege 'n hoë prestasie skool is wat op verskeie gebiede die toon in Suid-Afrika aangee. Die skool se sukses lê juis daarin dat dit nie net verskeie geleenthede vir die Grey-seuns bied om aan deel te neem en in te presteer nie maar ook dat al hierdie geleenthede plaasvind binne die normale skoolmilieu waar daar 'n gesonde balans tussen akademiese studies en buitemuurse bedrywighede is. Dit is egter belangrik vir elke Grey-seun om 'n gebalanseerde perspektief te behou en om, met die mini-eksamens wat oor ongeveer drie weke begin, ook elke geleentheid aan te gryp om akademies te presteer. Ten einde hierdie gebalanseerde perspektief te behou, speel die ouers ook 'n baie belangrike rol: hulle moet eerstens self perspektief behou oor wat regtig belangrik by die skool is maar ook voortdurend die seuns daaraan herinner dat daar wel verskeie aktiwiteite by die skool plaasvind maar dat elke Grey-seun ook volle verantwoordelikheid moet neem vir sy vordering binne die klaskamer. Die skool beskik oor 'n uiters bekwame en professionele personeel wat bereid is om die figuurlike ekstra myl vir elke Grey-seun te stap. Die verantwoordelikheid lê egter by elke Grey-seun en -ouer om wel van hierdie geleenthede gebruik te maak en om nie te wag tot dit te laat is nie.

 

The announcement of the headmaster of Grey Primary is expected soon and it is very important for Grey Secondary and Grey Primary schools to work together as a united Grey College. Not only will a good relationship between the two schools provide synergy within the wider Grey community but it will also ensure that the same vision, mission and value system are in place. It is important that both schools have the same strategic direction and I am really looking forward to working closely with Grey Primary in the future.

 

U is welkom om kommentaar op bogenoemde skrywe te lewer.

 

Vriendelike groete

 

Deon Scheepers

 

 

 

 

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools