Grey Kollege rocks! 30 August 2015 09:08

Die afgelope week, na afloop van die winter sportseisoen, het die geoliede masjien wat so tiperend van Grey Kollege geword het, voortgegaan met die volgende hoogtepunt op die skool se kalender naamlik die jaarlikse musiekfees. Die skool het voorwaar die afgelope week, maar veral die afgelope naweek, op alle silinders gevuur en die Grey-seuns asook personeel was in afwagting om te sien wat die jaarlikse musiekfees sal inhou. Hierdie jaar was die gaskunstenaars Elvis Blue, Andriëtte Norman en die talentvolle plaaslike kunstenaar, Ann Mahlohla. Die gaskunstenaars is tydens 'n spesiale saalperiode die afgelope Woensdag aan die Grey-seuns en personeel bekend gestel en uit die reaksie van die Grey-seuns, was dit duidelik gewees dat die gaskunstenaars aan die verwagting voldoen het. Elvis Blue se boodskap aan die Grey-seuns was dat die seuns nooit blasé moet word oor 'n hoë gehalte opvoedkundige instelling soos Grey Kollege nie en dit wat hulle by 'n skool soos Grey Kollege kry, as vanselfsprekend moet aanvaar nie.

 

Wat hierdie jaar se musiekfees so uniek gemaak het, is dat daar, met 'n tikkie nostalgie, teruggekyk is oor die afgelope 10 jaar se musiekfeeste in die Sand du Plessis-teater waar sterre soos Laurika Rauch, Steve Hoffmeyr, Theuns Jordaan, Karen Zoid, Coenie de Villiers, om maar 'n paar name te noem, deel van die Grey Kollege Musiekfees was en die verhoog met die Grey-seuns gedeel het. Wat aanvanklik as die breinkind van Dr. Michau Heyns as 'n beskeie koorfees in die vroeë tagtigs begin het, en deur die visie van Mnr. Johan Volsteedt in die musiekfees in sy huidige formaat getransformeer is, gaan waarlik van krag tot krag en is 'n fantastiese toonvenster van die talente en diversiteit van een van die voorste opvoedkundige instellings in Afrika. 

 

I have been priviliged to witness the music festival during the past four years and the 2015 music festival has, once again, provided the audience with breathtaking performances. What makes the annual music festival so special, is that it provides the platform for our music department at the school to showcase the abundance of music talent available at the school and also provides the opportunity for the whole school to support the event and to stand united as a Grey family. The final event of the evening, during which the whole school fill the stage en masse, and sing "Grey in union", is a gooseflesh- moment and one that stays with a person long after the final echoes have died down in the theatre. 

 

Although the guest artists are the main focus of the performance, the Grey boys often steal the show with their passion and pride for the school. We live in a time where young people do not often associate themselves with big institutions and where they are often criticised and berated for their lack of unity and sense of belonging. However, when one looks at the annual Grey College music festival, it not only creates a sense of hope for the youth of our country but one is also reminded how a school can transform the hearts and minds of our youth. The majority of the boys have been involved in the music festival since the first performance on Thursday evening and have supported the event despite a very busy winter sports season that included four consecutive inter-schools weekends during the month of August this year. The school's social responsibility was also evident on the past Thursday evening when old-age homes and institutions for the mentally disabled were invited as the guests of the school during the first performance of the weekend. The uniqueness of a school like Grey College certainly comes to the fore during a weekend like the past one and one is, once again, reminded of and humbled by the many opportunities on offer at Grey College. Grey College is certainly a way of life! 

 

Rona van Blerk, plaaslike kunstenaar wat Donderdagaand vir Andriëtte ingestaan het, som haar ervaring van die 2015 Musiekfees as volg op Facebook op: "Om saam met die stem van 'n duisend Grey-seuns, langs 'n absolute rolmodel, soos Elvis Blue, wie se prentjies ek in my dagboeke geplak het, my grootste liefde te kan uitleef. Nou weet ek hoe dit voel as mens se lewe in een week verander. Elvis Blue, hierdie oomblik is nou permanent in my hart, maar veral Grey Kollege - ek kan nie genoeg dankie sê dat julle my grootste drome vir my moontlik gemaak het om te oortref nie! Ek voel bevoorreg om met so 'n asemrowende skool vereenselwig te kon word." 

 

'n Spesiale woord van dank aan die skool se musiek departement en in besonder Mev. Celeste Venter en Mnre. Dana Cilliers en Altus Moolman vir al hulle harde werk en opoffering ter voorbereiding van 'n uiters suksesvolle 2015 Musiekfees. Dankie ook aan al die borge, maar in besonder FNB, as hoofborg, en die Noordwes Universiteit, vir jul finansiële bystand. Dit word opreg waardeer!

 

You are welcome to comment on this blog.

 

Kind regards

 

Deon Scheepers

 

  

Post Info

Rating: 00.0% (2 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools