Grey-gemeenskap span saam 15 March 2015 10:03

Die afgelope week het die Grey-gemeenskap bymekaar gekom om hul kruisies by die stembusse vir die volgende Beheerliggaam te trek. Hierdie drie-jarige geleentheid is 'n nasionale vereiste en uit die aard van die saak baie belangrik binne die huidige onderwysmilieu in Suid-Afrika waar skole toenemend onder druk van buite invloede verkeer. Nie net bepaal 'n skool se beheerliggaam sy toelatings- asook taalbeleid nie maar die algemene dissipline van 'n skool sorteer ook binne die gesag van die skool se beheerliggaam. Dit is dus van kardinale belang dat die regte persone tot die beheerliggaam verkies word sodat hierdie persone waarde binne hul betrokke ervaringsveld en verwysingsraamwerk, asook portefeuljes binne die skool se beheerliggaam, kan toevoeg. 

 

It was wonderful to experience how the Grey community got together this past week to vote for a new School Governing Body. The educators cast their votes on Wednesday, the non-educators on Thursday and the parents had the opportunity to vote this past Friday. A quorum of 15% was needed to make the parents' election valid - no easy task when one considers that Grey College has one School Governing Body for both the secondary and primary schools and that 15% of all of the parents' votes equates to close to 600 parent votes. When one also considers the past history of School Governing Body elections at the school, as well as what transpired at local schools during the past week's elections during which a number of schools were unable to attain the 15% quorum needed, it is understandable that a person could have been fairly pessimistic with the prospect of the school attaining a 15% quorum. However, this was not the case and the parent community really got together and managed to attain a 35.5% vote on the day. The old adage of "when the occasion demands it, the Grey boy always comes up to scratch" can certainly also be applied to the Grey parents this past week! 

 

Ek wil graag my opregte dank uitspreek aan al die ouers wat die nodige poging aangewend het om wel op Vrydag te kom stem. Dit was 'n fantastiese poging gewees en ons het selfs ouers gehad wat na 18:00 by die stemlokaal opgedaag het om te stem. Of hierdie grootse poging te danke was aan die druk wat deur die seuns uitgeoefen is om 'n plakker te ontvang vir die "civvies" dag eerskomende Maandag, en of dit net as gevolg van die ouers se pligsbesef was, sal 'n mens seker nooit weet nie (alhoewel ek my eie opinie hieroor het!). Dit was nogtans wonderlik gewees dat ouers met 'n gemoedelikheid kom stem het en verseker die regte ding vir Grey Kollege gedoen het. 

 

Our first tennis team participated during the past week in the World Schools Championships in Doha and they did themselves as well as the school proud by finishing ninth in the tournament. They had a very tough draw but still managed to beat Brasilia, China, Qatar as well as Thailand convincingly and also received the "Fair Play" award. This was no doubt a wonderful experience and by the sound of it the Grey boys were also wonderful ambassadors for both Grey College and South Africa. A sincere word of thanks to the parents for their financial support as well as to Mr. Naresh Mahabeer and Mr. Gustav Fichard who accompanied the boys on the trip.

 

Die eerste fluitjies van die winterseisoen het die afgelope naweek geblaas en almal sien uit na 'n opwindende rugby- en hokkieseisoen wat voorlê. Ek herinner ouers daaraan dat sport bloot 'n rol speel om 'n seun as 'n afgeronde jong man te ontwikkel en dat ouers realisties moet wees, en bly, oor hul seun se sporttalente en -vermoeëns. Dit wat gedurende naweke om die braaivleisvure gesels word moet opbouend veral teenoor die skool en afrigters wees en nie die seun 'n verwronge idee van sy sporttalente en -vermoeëns gee nie. Dit is dié groot uitdaging van ouerskap en opvoeding.

 

I look forward to hear from you.

 

Kind regards

 

Deon Scheepers

 

 

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools