Die Grey-resep 2 August 2015 12:08

Ten spyte van die afgelope week se winterskoue was daar die gebruiklike opwinding die afgelope week onder die seuns te bespeur in die opbou na die eerste interskole-naweek van die kwartaal teen Grey High van Port Elizabeth. Tydens die afgelope Vrydag se saalperiode was dit 'n voorreg gewees om nie minder nie as sewe oud-Greys terug by die skool te verwelkom. Ryan McLaren, skoolkaptein in 2001 en Protea-krieketspeler, asook oud-Grey lede van die suksesvolle Shimlaspan, naamlik Henco Venter, AJ Coertzen, Niel Marais, Gerhard Olivier, Niel Jordaan asook Rudolf Botha, wat die Varsity-beker hierdie jaar verower het, het ons met hul teenwoordigheid tydens saalperiode vereer.

 

Ryan McLaren shared with the boys that they must make the most of the opportunities offered at Grey College, and especially during a big inter-schools derby, and also stated that his first team hockey shirt that he wore at school as well as his national colours achieved on the cricket field are the two representative shirts closest to his heart and the ones that he values most. Gerhard Olivier, who was also included in this year's "Varsity Cup Dream Team", shared with the boys the importance of belonging to something bigger and how the striped Grey-blazer has the ability to unite the school. He, furthermore, stated that the boys should not wait for something to happen but that they must have the courage to act and seize every moment available. Both of these old-Greys spoke from the heart and I am sure that their message hit home in the hearts of the current generation.

 

Na aanleiding van my blog verlede week oor die opvoedingstaak van die tradisionele seunskole in die land, moet die vraag dalk ook gevra word wat die waarde van enkelgeslag-skole in 'n moderne samelewing is? Studies in Nieu-Seeland, waar enkelgeslag-skole die norm is, toon dat seuns in enkelgeslag-skole nie net op akademiese gebied beter presteer as seuns in gemengde skole nie maar dat die voordeel van enkelgeslag-skole ook waarde inhou wanneer 'n mens kyk na die verskillende wyses hoe seuns en meisies leer. Studies toon dat seuns meer ruimte benodig in die klaskamer, graag in 'n klaskamer wil rondbeweeg, presteer wanneer hulle wiskundig-logiese denke gebruik en ook verkies om alleen, en nie in groepsverband nie, te werk. Dit is verder ook bewys dat seuns nie net later volwasse word as meisies nie, en dus meer tuis in enkelgeslag-skole voel waar daar nie druk is om meisies te beindruk nie, maar dat seuns inherent risiko's wil neem en natuurlike leiers is wat gedy in enkelgeslag-skole. Bogenoemde bevindinge beklemtoon weereens die waarde van 'n skool soos Grey Kollege.  

 

The challenges for boys' schools today include that boys need to be held accountable for self-discipline and a sound work ethic but that these schools also need to provide affirmation and a tolerance for "boyish" behaviour. Boys have a great sense of humour and love a sense of belonging - this was evident this past weekend during the inter-schools fixture against Grey High School from Port Elizabeth. The support of the boys at the hockey was fantastic to notice despite sub zero temperatures during the Friday evening and this support continued well into the Saturday afternoon. Both the first hockey- and rugby sides must be congratulated with their fighting spirit and the "Grey guts" shown against tough opposition and I was also very happy with the way that the whole school moved with dignity, and in an orderly fashion, showing the necessary respect to the opposition down from the stands and onto the main-field, after the final whistle had blown, to celebrate the first rugby team's victory. It is important to teach the Grey boys that one should also be dignified and respectful in victory.

 

Die komende naweek besoek die skool nog 'n tradisionele seunskool naamlik Maritzburg College in Pietermaritzburg en ek sien daarna uit dat al die seuns wat daarby betrokke gaan wees, sal voortbou op die waardes en etos van Grey Kollege. U ondersteuning word waardeer en dit sal lekker wees om die Grey-gemeenskap in groot getalle daar te sien.

 

You are welcome to comment on this blog!

 

Kind regards

 

Deon Scheepers 

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools