The Grey brand 7 February 2016 11:02

Die afgelope week het met een van die jaar se hoogtepunte op die skoolkalender begin toe die akademiese prysuitdeling in die Reüniesaal gehou is. Tydens 'n luisterryke funksie is die Grey-seuns vir hul volgehoue akademiese prestasies gedurende die 2015-kalenderjaar vereer. Wat hierdie geleentheid spesiaal gemaak het, is dat al vier kwartale in 2015 se akademiese uitslae in berekening gebring is ten einde die seuns aan te moedig om voortgesette akademiese prestasies te lewer. Dit is egter ook belangrik om hulde aan die skool se akademiese personeel tydens so 'n geleentheid te bring: die skool is geseën en bevoorreg om oor 'n akademiese personeel te beskik wat die belange van hul onderskeie vakgebiede asook die seuns voorop stel en die akademiese prestasies van die Grey-seuns sou verseker nie moontlik sonder die toewyding en kundigheid van die akademiese personeel gewees het nie. Die skool, as opvoedkundige instelling, streef juis daarna om seuns voor te berei om beduidende bydraes in 'n veranderende samelewing te maak. 

 

The school was also priviliged to welcome the MEC of Education in the Free State, the Honourable Mr. Tate Makgoe, in our midst. Mr. Makgoe is not only a visionary leader within the province and education but he is also the proud father of a current grade 12 learner at the school. His message during the prize giving function came from his heart and emphasised the fact that the Grey College boys are the future of our country and that the future leaders of industry were gathered on this special occasion. He, furthermore, encouraged the boys to keep on setting the standards and to grasp all of the opportunities that are presented to the boys at a school like Grey College.

 

Gedurende ons saalperiode die afgelope Vrydag het verteenwoordigers van die Sony-maatskappy die skool besoek. Die doel van hul besoek was om die drie skoolkapteins met die nuutste selfoon- tegnologie, wat handstukke, "slim" horlosies, oorfone, mini-luidsprekers, en vele meer, te voorsien ten einde die amptelike ambassadeurs van die maatskappy by die skool te wees. Nie net was hierdie inisiatief 'n groot bederf en 'n wonderlike gebaar vir die skoolkapteins gewees nie, maar die vraag het onwillekeurig by 'n mens opgekom hoekom die Sony-maatskappy juis vir Grey Kollege vir hierdie doel gekies het? Die antwoord hierop is deur een van ons gaste verskaf: die Sony-maatskappy het juis vir Grey Kollege gekies aangesien die skool en die Sony-maatskappy nie net dieselfde waardestelsel deel nie maar ook met hoë kwaliteit produkte geassosieer word.

 

It is imperative in today's times that companies can associate themselves with the brand of a particular organisation and this is certainly also applicable to educational institutions like Grey College. In marketing terms, it is, furthermore, important for an organisation to attract the right kind of customers but, more importantly, to build lasting and long-term relationships with these customers. An organisation is only really successful when this relationship is nurtured and developed so that its customers can eventually grow into ambassadors for the particular brand. Grey College is very priviliged to have wonderful and lasting relationships over time with both its customers and some of the major role-players and leaders of industry in the country and I can only trust that these relationships will remain beneficial to all well into the future.

 

Die skool se swemspan het die afgelope naweek 'n baie suksesvolle swemgala in Pretoria gehad en het die Affies-swemgala met 'n rekord aantal punte gewen. Dit is die perfekte voorbereiding vir die komende naweek se swemgala in Westville waaraan die beste swemskole in die land gaan deelneem en die nie-amptelike swemkampioen in Suid-Afrika gekroon gaan word. Wat hierdie geleentheid nog meer spesiaal gaan maak, is dat die Speedo-maatskappy aan boord gekom het om die swemspan te borg. Die skool bedank graag die verteenwoordigers van Speedo vir hierdie wonderlike gebaar en ek vertrou dat die swemspan hulle nie in die steek sal laat nie.

 

U is welkom om kommentaar op hierdie blog te lewer.

 

Vriendelike groete

 

Deon Scheepers  

 

 

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools