Die gestreepte Grey-baadjie 1 February 2015 07:02

Die afgelope week was 'n belangrike mylpaal in die Grey-loopbaan van die graad 8-seuns gewees. Tydens saalperiode op Maandag het hulle induksie-seremonie plaasgevind, ter afsluiting van hul oriënteringsperiode, en hulle is vir die eerste keer toegelaat om die beroemde Grey-streepbaadjie, asook Grey-das, aan te trek. Dit was wonderlik gewees om elke graad 8-seun se blad te skud en die opwinding en afwagting op hul gesigte te bespeur. Anders as ander plaaslike skole, is hierdie 'n geslote seremonie gewees en 'n geleentheid wat net die Grey-personeel en die Grey-seuns in die hart van die skool, die Reüniesaal, gevier het.

 

To see the close to 250 Grey boys wearing the famous Grey striped blazer in the Reunion Hall after the ceremony was completed was certainly a very special occasion. During the ceremony I explained the symbolism behind the Grey striped blazer to the boys:

 

  • The blue in the Grey blazer symbolises respect. This respect must extend not only to the peer group of the boys wearing it but must also include respect towards all boys in the school. This respect must also be demonstrated towards elders, including all of the staff at the school - whether academic, administrative or cleaning staff - but also to every other adult that a boy meets on a daily basis.
  • The white in the blazer symbolises opportunity. Grey College will provide a boy with ample opportunity to develop and grow as an individual but it is ultimately the responsibility of the Grey boy to seize all of the opportunities on offer. The new boys must remember that they have been hand-picked, are a very selected group and that they have taken the place of a boy who was not as fortunate as they are to be part of the 2015 intake. At the end of each day, a boy must ask himself if he has made the most of the opportunities on offer on that particular day and whether he is deserving his place at Grey College.
  • Die ou goud in die Grey-kleurbaadjie simboliseer die "Grey gentleman" en goeie maniere. Goeie maniere is deesdae uiters skaars in die moderne samelewing en daarom is dit belangrik dat die nuwe Grey-seuns nie net goeie maniere ten toon stel nie maar ook gou in 'n "Grey gentleman" ontwikkel en getransformeer word. Die tipe gedrag wat van 'n "Grey gentleman" verwag word, sluit in om hoflik teenoor veral dames te wees, op te staan en te groet wanneer 'n volwassene of personeellid by 'n vertrek instap en om trots op Grey-Kollege, jou voorkoms en skooluniform te wees.     

 

Ek vertrou dat die 2015-groep van krag tot krag sal gaan en dat hulle baie gou in volwaardige Grey-seuns sal ontwikkel. Wanneer 'n seun die gestreepte Grey- baadjie aantrek, word die individu deur 160 jaar se tradisies en geskiedenis verenig en is die samehorigheid en eenheid wat die seuns transformeer, tasbaar.

 

This was also a very busy week when one looks at the school's extra-mural programme and the many opportunities on offer to the boys. The U/18 water polo tournament, proudly sponsored by ITEC, started on Thursday and took place during the past weekend. Although some of the results did not go our way the boys showed a lot of courage and commitment and this is ultimately why a boy must take part in sports at school-boy level. These boys certainly seized the opportunities offered here at school and it is a pity that the water polo boys can not be part of a league within the Bloemfontein region so that they can be measured, and develop, against strong opposition more regularly.

 

Die afgelope naweek het ons krieketspelers ook kragte teen Grey High van Port Elizabeth gemeet en alhoewel dit 'n redelike frustrerende Saterdagoggend was wat die weersomstandighede aanbetref, en deur baie onderbrekings in die spel gekenmerk is, het die seuns hulself nogtans goed van hul taak gekwyt. Die eerste krieketspan se wedstryd was 'n naelbyt-affêre en die onbesliste uitslag was tot aan die einde van die wedstryd in die weegskaal. Die skool se swemmers het ook in Pretoria aan die jaarlikse Affies-gala deelgeneem terwyl die atlete aan die eerste sone-byeenkoms van die seisoen deelgeneem het. Soos 'n mens hieruit kan aflei, is daar vele geleenthede vir die Grey-seuns geskep om die gestreepte Grey- baadjie met trots te kan dra.

 

The coming week is another busy one and you are once again invited to share your opinions with me.

 

Vriendelike groete

 

Deon Scheepers     

Post Info

Rating: 00.0% (0 raters)
Login or Register to rate this post.
Tags: 
Categories: 
Author: Deon Scheepers

Comments

There are currently no comments on this post.
Login or Register to comment on a post.

Sharing Tools